Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3739 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Die Eiland oord by Upington
Ons het Gaan blomme kyk en wou in Upington oorslaap.
Ons was laas in 2010 by, Die Eiland gewees, toe was dit aanvaarbaar.
Die jaar, 'n totale disaster. Die plek is in die grond in agteruit gegaan, geen instandhouding en totaal onveilig.
Ons het toe die ekstra 20 Km gery na OranjeRus, dit was absoluut 'n verrassing. Sal enige tyd weer daarheen gaan.
Ek sal voorstel dat jy die twee oorde rate hier op fie forum.
So is jou terugvoer tot voordeel van almal.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
En dit was een van die baie aangename oorde. Dis tog nie so moeilik om 'n goeie onderneming aan die gang te hou nie. Aliwal-Noord, Kroonpark by Kroonstad, Fonteine in Pretoria, Kuruman, Uniepark in Polokwane, Clan William, Swellendam .... die lys is nimmer-eindigend. Gelukkig egter as daar 'n gaping ontstaan, neem iemand dit en bied iets aanvaarbaar.
Ons het al verskeie kere by Oranjerus gestaan. Pragtige geriewe en heerlike restaurant. Ons het ook al in een van die tent-chalets geslaap.
Als os mos na 94 die beste.
Beste op gedonner.
Profetiese en ware woord, Jin.
Sien jy is weer goed aktief oppi forum.
Neem daarmee aan die operasie was 'n sukses en ek vertrou jy is baie beter.
Watter puik oord was dit eens!! Toe ons al in 2002 die laaste keer een aand daar oorgebly het oppad terug van Kgalagadi af, was die tekens van agteruitgang (veral die ablusies) reeds baie duidelik. Kyk jy na die "ratings" op hierdie webblad, blyk die kommentaar uiteenlopend te wees.
Ek wens regtig dat almal (soos Leon hierbo voorstel) alle oorde waar hulle kampeer het, wil "rate".
Ek het 50 jaar gelede (!) in 1969 vir 'n maand lank by Die Eiland, Upington gekamp en dit was heerlik langs die Oranjerivier met pragtige tuine en skoon, gerieflike ablusies.
Soos wat die geval maar oral is, het munisipale karavaanparke ten gronde gegaan en besef hulle blykbaar nie die waarde van toerisme vir 'n dorp nie. (Kan 'n mens meer verwag as hulle nie eers hulle Eskom-rekeninge kan betaal en basiese dienste lewer nie ?)
Verskoon die swak foto - 'n foto van 'n foto.

Daar moes jou skottelbraai nog splinternuut gewees het....selfde tyd! :-}
Ek sien oom het n magdom van fotos......altyd een beskikbaar om te wys. Ek neem ook fotos, maar verdwyn gewoonlik binne 2 jaar.....moet eintlik plan maak om te stoor.
Dankie vir die fotos....maak dit altyd interesant
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Lennie is daardie n Sprite GT of die 400. Ek en Susan het met so n Sprite GT begin en hom gesleep met n 1600 Cortina bakkie. Dit lyk my jy het daar gesleep met n Anglia? Dit was n lekker en sorgvrye era daardie.
Piet, dit was 'n Sprite GT wat in Augustus1969 gekoop is en ek het dit met 'n 1968 Ford Anglia Super (1200cc) die hele land vol en die destydse Suidwes-Afrika gesleep.
Hier staan ons in 1970 bo-op die Longtom-pas naby Lydenburg oppad Kruger Wildtuin toe.

Ja Lennie ons het presies so n GT gehad. Die glasvesel karavaan. Ek en Susan het ook daardie jare die wereld plat gery met hom. Dit laat my vanaand weer baie jare terug verlang.
Magtie- waarmee het mense tog gesleep! Die 1200 Anglia het maar 36 Kw en 85Nm ontwikkel. My eerste kar was 'n 1000cc Anglia (29Kw, 75 Nm) en die affêretjie kon homself skaars voortsleep, wat nog 'n karavaan. Dan het die nie-geslote verkoelingstelsels van die ou karre ook gereeld probleme gegee omdat die verkoelerrooster toe geroes het wat tot oorverhitting gelei het. En die primitiewe veerstelsel het gemaak dat die karretjie maar so naastenby op die pad gebly het, hoe vinniger hoe minder naastenby! Hulle het ook nie eers rembystand gehad nie en jy moes soms rem trap dat die ruglening amper gebuig het. Maar as jy wil karavaan sleep, doen jy dit met wat ookal beskikbaar is.
Profetiese en ware woord, Jin.
Sien jy is weer goed aktief oppi forum.
Neem daarmee aan die operasie was 'n sukses en ek vertrou jy is baie beter.
Was vanoggend by dokter. Hy is tops tevrede en ek voel 100%.
Ja Fred armoede het maar gemaak dat jy soms n plan moes maak. Een jaar het ek n probleem met my Cortina bakkie gehad. Ek was toe op Frankfort gestasioneer en ons was bespreek by Jim Fouche oord oor die Desember vakansie. Dit is nou nie ver nie maar Susan se 1963 VW Beetle 1200cc het daardie Sprite GT gesleep tot daar en ons het lekker gekamp.Met al vandag se reels sou ek seker toegesluit gewees het as die "Blou baadjie" my voorgekeer het.
