Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23031 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6709 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3746 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 572 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 328 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Beplan Namibia toer
Ek wil graag in die toekoms Namibia besoek. Ek was nog nooit daar, so het klompie vrae.
- Wat is die beste tyd van die jaar om soontoe te gaan?
- Hoe lank vooraf moet mens kamp plekke bespreek......ons beplan om buite seisoen te gaan
- Kan mens met n pad karavaan gaan of moet mens liewer met n tent gaan om al die mooi besienswaardighede te sien? {Gaan mens op besienswaardihede uitmis as mens met pad karavaan gaan wat nie oral kan gaan nie?}
- Hoe lank stel julle voor moet mens gaan om ten minste al die mooi plekke te sien?
- Hoeveel karavane stel jul voor vir n groep toer...of is alleen aanbeveelbaar?
- Watter plekke is "MOET SIEN" plekke waar mens definitief by moet uitkom?
- Ons is van Pretoria....watter grenspos beveel julle aan om in en watter een om uit te gaan?
Enige ander tips is baie welkom....hoor graag van julle
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek kan Augustus of September 2022 saam jou gaan of later. Kan nie vroeë gaan nie, dan in die wildtuin.
Nog die girl se paspoort hersien, myne is reg.
April, Mei of Augustus, September. Twee maande as jy tot by die Caprivi wil gaan. Maand as jy net tot gelyk met Windhoek wil kuier.
Teerpad wa op die hoofpaaie en dan breek jy weg met jou tent vir twee of drie dae op 'n slag.
Buite seisoen is die kampe selde vol en daar is genoeg beskikbaar as jou eerste keuse vol sou wees. Ons bel altyd die dag voor ons by 'n kamp wil uitspan.
Ek wil graag in die toekoms Namibia besoek. Ek was nog nooit daar, so het klompie vrae.
- Wat is die beste tyd van die jaar om soontoe te gaan?
- Hoe lank vooraf moet mens kamp plekke bespreek......ons beplan om buite seisoen te gaan
- Kan mens met n pad karavaan gaan of moet mens liewer met n tent gaan om al die mooi besienswaardighede te sien? {Gaan mens op besienswaardihede uitmis as mens met pad karavaan gaan wat nie oral kan gaan nie?}
- Hoe lank stel julle voor moet mens gaan om ten minste al die mooi plekke te sien?
- Hoeveel karavane stel jul voor vir n groep toer...of is alleen aanbeveelbaar?
- Watter plekke is "MOET SIEN" plekke waar mens definitief by moet uitkom?
- Ons is van Pretoria....watter grenspos beveel julle aan om in en watter een om uit te gaan?
Enige ander tips is baie welkom....hoor graag van julle
Get yourself the Go Namibian guide magazine, it’s still available digitally ( Magzter) . Have fun with the planning!
Dankie vir die draad Geert, ek hoop hier kom nog baie insette wat al jou vrae antwoord.
Ek hoop ook jy plaas jou planne soos jy vorder.
Dit gaan ons wat ook nog iets soortgelyks wil doen baie help.
Daar is baie grond paaie in Namibia wat wissel van baie goed tot baie sinkplaat. Meeste van die grond paaie is baie goed en kan jy 80 km met gemak ry. Dis nie aanbeveel om meer as 80km /h te ry op daardie grondpaaie, al voel jy gemaklik teen 100 km/h of meer. Het al n paar huur 4x4 bakkies in die veld sien le (Meeste van die tyd toeriste van oorsee) omdat grondpad baie bedrieglik is teen hoe spoed.
Dis waar, Jy kan by baie plekke uitkom teerpad langs, maar die pleke wat jy graag will sien beteken jy gaan ook baie grondpad moet ry as jy daardie mooi plekke wil sien.
Die probleem met grond paaie (goed of sleg) is dat dit enige iets agter die kar "sandblast". Moes my boswa se voorkant oor sprei as gevolg van daardie grond paaie. Volgende keer sal ek beslis iets gebruik om die boswa te beskerm.
Ongelukkig kan jy nie lank voor die tyd uitvind of n grondpad na die plek wat jy wil besoek goed of sleg is nie, jy sal dit uitvind as jy hom ry. Die rede hiervoor is omdat hulle die grond paaie gereeld skraap, Dus, as jy gelukkig is ry jy op n pad wat nie te lank terug ge skraap was nie.
Een jaar op pad na Sossusvlei / Sesriem was die grondpad baie goed. N volgende keer was dit ongelooflik sleg van die sinkplaat dat a Fortuner se lang afstand diesel tank los gekom het en in die pad beland het, gelukkig nog vas aan van sy pype.
Daar is geen twyfel nie, jy kan met n padwa gaan. Maar, ek weet dat as ek al die nice plekke wil besoek in Namibia terwyl ek daar is (die geleendheid daar is), weet ek n padwa gaan my baie beperk. Veral as ek weet dat ek nie vir daardie lang afstande met n padwa op daardie grondpaaie wil ry nie. Hulle kan nie die gedeeldes waar daar wel sinkplaat is handteer nie en die kanse vir pap wiele is ook baie hoog.
Baie dankie vir elkeen se terugvoer, waardeer. Ek gaan ongelukkig net vir so 2 weke kan toer.....gaan dit te min wees of is dit genoeg om al die nice plekke te besoek? Daai Namidia boek wat Rare Breed van praat lyk of dit baie idees kan bevat....
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, kyk by soek funksie onderwerp "Jan se Namibië toer".
Ons het nie genoeg tyd gehad om te sleep nie en het in verskeie plekke gebly.
Het toe slegs die onderste gedeelte van Namibië besoek en baie grondpad gery maar die paaie was goed. By Swakopmund geëindig en toe terug huistoe.
Later weer die Okavango Delta, Victoria valle en toe deur die Caprivi tot by Etosha met tente gekamp. Ook Erindi park besoek met tente.
Sal kyk of ek foto's kry.

Dankie Jan....darem pragtige fotos
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Jan-se-Namibie-toer.htm?forumaction=1&loadcategory=1027&loadpost=11178&highlight=Jan%20se%20Namibie%20toer#ForumsAnchor
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
'n Mens is geneig om met 'n eerste besoek "alles" te wil sien. Ons het amper 40 jaar gelede toe ons ons eerste karavaan gekry het, gemeen ons gaan gedurende die Desembervakansie die hele Suid-Afrikaanse kuslyn vanaf Noord-Natal, dek. Na ek heelwat opleeswerk gedoen het, (Google was nog nie beskikbaar nie) het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie prakties sal wees nie. Ons het toe uiteindelik tot by George gery en min of meer kuslangs tot by Saldanabaai. Om net te ry om die plekke op 'n skedule af te merk, is nie vakansiehou nie- dis werk. Mense wat vir die eerste keer Europa toe gaan, sê ook baiemaal hulle gaan op 'n georganiseerde toer van 14 dae waartydens bykans die hele Europe deurkruis word sodat hulle kan sien watter plek of plekke hulle in die toekoms sal wil besoek. Hulle kom dan verward, uitgeput, ontnugterd en onvergenoegd terug en kan nie meer onthou wat hulle waar gesien het in die verbyjaag nie.
My punt is alles is interessant as jou houding is om dit so te maak, so beoog eerder 'n kwaliteittoer waar jy min plekke intensief ervaar in plaas van kwantiteit waar jy baie plekke sien, hope fotos neem maar eintlik niks terugneem nie.
Geert, ons het in 2019, 7 weke met 'n padwa deur Namibië getoer. Dit was 'n goeie belewenis.
Geert, ons het in 2019, 7 weke met 'n padwa deur Namibië getoer. Dit was 'n goeie belewenis.
Koos ek het Al jou stories gelees, van die begin tot einde.
Net jammer jy het nooit iets oor jul toer in Namibia geskryf nie, dalk was dit so lekker dat jy te uit gerus vir dit was.
Sal graag by jou wil kers opsteek met die pad wa toer.