Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23031 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3743 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Bass Lake Lodge
Soos onder 'n vorige draad genoem, het ons besluit om vanjaar 'n paar oorde te besoek waar ons hetsy nog nooit was nie (en baie van gelees of gehoor het) of plekke waar ons baie lanklaas was. Sondag 7 Mei het die N1 ons gelei na Bass Lake Lodge sowat 40 km (soos wat die kraai vlieg) vanaf Pretoria. As plattelander, en boonop nog 'n Bolander, verkies ek om my beplanning só te doen dat ons Johannesburg en Pretoria eerder op 'n Sondag aandurf. Want om daar te ry met 'n woonwa grens vir my baie na-aan 'n nagmerrie. Sondae is dit gewoonlik heel gangbaar.
Noord van Pretoria het ons die R573 (die berugte Moloto-pad, bekend vir sy baie ongelukke) geneem vir sowat 28.5 km tot by Bass Lake se afdraai. Dit wat ek op 'n Sondagmiddag daar beleef het (gesien uit die oogpunt van 'n plattelander), kan ek verstaan hoekom dié pad so berug is vir sy ongelukke. Bestuurders het eenvoudig geen geduld nie, veral nie met 'n ou wat stadiger ry met sy woonwa nie, en hulle steur hulle weinig aan verkeersreëls. Maar ons het dit sonder voorval tot by die afdraai gemaak en die volgende dag ook weer terug (ons het maar gewag totdat die spitsverkeer na ons mening verby sal wees).
Die 2.5 km tot by Bass Lake se ingang was egter vir my amper 'n groter uitdaging as die R573. Ek voel maar jammer vir my 24-jarige Caravette 6B. En 13 duim wielvellings is nie nou nie juis bevorderlik vir 'n gruispad wat nie baie wonderlik onderhou word nie. Die ouens met die boswaens en gruispad-woonwaens sal egter geen probleem met die toegangspad hê nie. Maar as jy eers by die oord arriveer, vergeet jy sommer gou-gou van die paaie wat jy moes trotseer. Mense - hierdie is luuksheid wat ek nog nêrens anders in 'n woonwapark beleef het nie.
Die staanplekke se grasoppervlak is onverbeterlik. Die tuine is prentjiemooi. Die ablusies is puik, puik, puik. Rooibokke (selfs 'n swart rooibokram) loop vrylik in die oord rond. 'n Goedversorgde swembad by die restaurantkompleks sal sekerlik 'n populêre attraksie tydens die warmer maande wees. Vir die hengelaars is daar damme waarin vis gevang mag word.
Soos reeds genoem is die ablusies van uitsonderlike standaard. Die storte is ruim en netjies. Die toilette is in 'n aparte gedeelte - m.a.w. oom Piet kan jou nie sit en vergas terwyl jy in die stort is nie. Die skottelgoed-opwasgeriewe is pynlik netjies. Dit was my eerste kennismaking met opwasbakke waar daar ook 'n ordentlike droograk is. Dan is daar (seker hoofsaaklik) vir die vroulike geslag 'n "titivate" vertrek met lekker sagte stoele en groot spieëls waarin hulle hulself van alle hoeke af kan bekyk.
As jy ander oorde (wat netheid aanbetref) 'n 5-ster gradering gee, behoort Bass Lake Lodge nie minder as 10 sterre te kry nie.
Ek wou nou die langnaweek in Sept soontoe gaan...maar al lankal volðŸ˜
Dankie vir terugvoering....beslis op my lys om binnekort te besoek.
Chris, baie gehoor van die plek (en natuurlik van die berugte Maloto-pad), maar nog nooit sulke lekker, behoorlike terugvoer gekry nie. Baie dankie !
Die Maloto-pad en die 2.8km slegte grondpad, sit my ongelukkig af van die plek.
Seeing that there is a new thread regarding Bass Lake Lodge and questions about the road are raised, I am bringing this thread of mine forward.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Wat is jul gunsteling staanplek nommers?. Verkies baie gras
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het al gestaan op 30,31 en 34.
30 en 31 het min koelte baie gras
34 het redelike koelte oggend.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ook nog op my "bucket list"
Weet iemand of hierdie oord staproetes het in die veld?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, daar is nie spesifieke wandelroetes nie. Jy kan wel in die veld gaan stap of ry. Dit is nie baie groot nie.
As ek reg onthou kan jy net in die veld gaan loop. Die grond waarop die oord is, is nie baie groot nie dus is dit maar beperk tot 'n stappie in die veld.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie...waardeer.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
